Georg Wilhelm Friedrich Hegel | |
Portret deur Jakob Schlesinger in 1831, die jaar van Hegel se dood.
| |
Gebore | 27 Augustus 1770 Stuttgart, Württemberg, Heilige Romeinse Ryk |
---|---|
Oorlede | 14 November 1831 (op 61) Berlyn, Pruise |
Blyplek | Duitsland |
Nasionaliteit | Duitsland |
Vakgebied | Filosofie van die geskiedenis, politieke filosofie, Logika, Estetika, Geloof, Metafisika, Epistemologie |
Bekend vir | Absolute idealisme, Meester-slaaf dialektiese, "Sublasie" (Aufheben), "verstand-gees" (Geist) |
Beïnvloed deur | Aristoteles, Plato, Herakleitos, Neoplatonisme, Descartes, Goethe, Spinoza, Leibniz, Rousseau, Böhme, Kant, Johann Gottlieb Fichte, Hölderlin, Schelling, Smith, Schiller |
Invloed op | Adorno, Barth, Bauer, Bosanquet, Bradley, Brandom, Beauvoir, Butler, Carové, Croce, Danto, Derrida, Dilthey, Doull, Engels, Erdmann, Fackenheim, Feuerbach, Fischer, Fukuyama, Heidegger, Gans, Gentile, Hinrichs, Heine, Hyppolite, Kaufmann, Kierkegaard, Kojève, Mário Ferreira dos Santos, Küng, Lukács, Marcuse, Marx, Michelet, Nietzsche, Oppenheim, Pippin, Rose, Rosenkranz, Russon, Sartre, Singer, Strauss, Taylor, Zeller, Žižek |
Handtekening |
Georg Wilhelm Friedrich Hegel (27 Augustus 1770 – 14 November 1831) was 'n Duitse filosoof. Hy word as 'n belangrike figuur in die Duitse idealisme beskou. Sy historistiese en idealistiese siening van die werklikheid het 'n rewolusie in Europese filosofie veroorsaak en het as 'n belangrike voorloper tot kontinentale filosofie, Marxisme en historisme gedien.
Hegel het die filosofiese beweging genaamd Hegelianisme begin, wat 'n deel van die Duitse idealisme is. Hy het 'n groot invloed op verskeie skrywers en filosowe gehad. Sommige van hulle het met hom saamgestem (soos Bradley, Sartre, Küng, Bauer, Stirner en Marx), terwyl ander sy idees teëgestaan het (Kierkegaard, Schopenhauer, Nietzsche, Heidegger en Schelling).[1] Sy boeke is moeilik om te lees en behandel soms gelyklopend verskillende idees. Hy het oor die geskiedenis, politiek, godsdiens, kuns, logika en metafisika geskryf.